Welkom by AGS Ekklesia

'n Geesvervulde gemeente wat verlore mense lei na geestelike volwassenheid - deur liefde, gemeenskap en diens.

Sondae
09:30 & 18:00
Adres
3 Acacia Singel, Florapark

en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Johannes 8:32 (NLV)
Almal
Welkom

Jy is tuis by
AGS Ekklesia

Ons is 'n warme, Geesvervulde gemeente in die hart van Standerton. Ons glo dat elke persoon 'n bestemming het - om Christus te ken en Hom aan ander voor te stel. Of jy nuut is in die geloof of reeds jare loop, hier is 'n plek vir jou.

Ons Waardes

Geesvervuldheid

Ons leef en bedien deur die krag van die Heilige Gees.

Gemeenskapsbetrokkenheid

Ons is aktief betrokke by ons gemeenskap en sy mense.

Diensbaarheid

Ons dien mekaar en ander met nederige, gewillige harte.

Dissipelskap

Ons groei saam en lei mekaar na geestelike volwassenheid.

Eenheid

Ons staan saam as een liggaam in Christus.

Uitnemendheid

Ons gee ons beste in alles, tot eer van God.

Ons Visie & Missie

Ons Visie

"Om 'n Geesvervulde gemeente te wees wat verlore mense lei na geestelike volwassenheid."

Ons Missie

Ons demonstreer God se liefde deur diens aan die gemeente en gemeenskap, terwyl ons geestelike groei aanwakker. Ons is gegrond in eenheid, uitnemendheid en outentieke Christelike lewe.

Jou Eerste Besoek

Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie! Hier is 'n paar dinge om te weet voor jou eerste besoek by AGS Ekklesia.

Kom Soos Jy Is

Daar is geen kleredragkode nie - kom net soos jy is.

Vir die Kinders

Ons Ekklesia Kids Kinderkerk sorg met liefde vir kleintjies tot graad 7 tydens die oggenddiens.

Kuier saam 'n Koppie Koffie

Geniet 'n koppie koffie by Koinonia van 09:00 tot 09:30 - ons sien uit daarna om jou te ontmoet.

Wanneer & Waar

Ons dienste is Sondae om 09:30 & 18:00 by 3 Acacia Singel, Florapark, Standerton.

Dienste & Byeenkomste

Almal is welkom - kom saam en ervaar die verskil wat gemeenskap maak.

Sondae

Dienste

09:30 Erediens en Kinderkerk
18:00 Aanddiens
Woensdae

Gebed

06:00 Biduur
Vrydae

Jeug

18:00 Inner Room
Augustus Aanddiensrooster
2 Augustus Woordskool
9 Augustus Woordskool
16 Augustus Woordskool
23 Augustus Woordskool
30 Augustus Biduur

"Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God." Johannes 1:1 (NLV)

Merk Jou Kalender

Opkomende Geleenthede

Hou ons sosiale media dop vir meer inligting oor elkeen van hierdie geleenthede.

15 Augustus Vrouedag Byeenkoms
18 - 20 September Ekklesia Konferensie
14 Oktober Koorfees

"Ek was bly toe hulle vir my gesê het: 'Kom ons gaan na die huis van die Here.'" Psalm 122:1 (NLV)

Kerkraad

Die toegewyde span wat ons gemeente met liefde en integriteit lei en dien. Kontak gerus enige van ons leiers indien jy advies nodig het of 'n besoek wil reël.

JR
Pastoor Jacques Roos
Voorsitter
AdP
André du Plessis
Vise-voorsitter
MvW
Mina van Wyk
Tesourier
HdP
Herman du Preez
Sekretaris
OO
Oliver Olsen
Raadslid
RL
Riaan Lategan
Raadslid
PP
Phil Pretorius
Raadslid
BvL
Bennie van Lille
Raadslid

Bedieninge & Spanne

By AGS Ekklesia is daar 'n plek vir elke persoon. Kom ontdek waar jy inpas, gebruik jou gawes, en word deel van wat God in en deur ons gemeente doen. Kontak gerus die betrokke bedieningsleier indien jy by 'n bediening wil betrokke raak.

Ons Welsyn

Hande van Hoop

Ons welsynsbediening reik met praktiese liefde en hoop uit na dié in nood in ons gemeenskap. Sluit aan en wees hande en voete vir Jesus daar buite.

Riaan Lategan · 079 282 6904
Biduur
Woensdae om 06:00 kom ons saam in gebed voor die Here.
Phil Pretorius
064 504 7076
Inner Room Jeug
Ons jeug (13-18 jaar) kom elke Vrydag om 18:00 bymekaar.
Wian van Lille
073 579 3523
Ekklesia Kids Kinderkerk
Bedien ons kinders met liefde en die Woord op Sondae.
Suyen du Preez
061 478 8660
Aanbidding
Lei die gemeente in lofprysing en aanbidding.
Mari-Louise Roelofse
076 549 8061
Intersessie
Lidmate wat saam bid vir die gemeente en gemeenskap.
Hester Pretorius
083 495 8099
Tempeldiens
Verwelkom en groet besoekers by die deure op Sondae.
Phil Pretorius
064 504 7076
Koinonia Koffie
Bedien koffie en gasvryheid voor dienste.
Lorinda Smith
082 839 3539
Nagmaal
Help met die bediening van Nagmaal op Sondae.
Anzel du Plessis
071 607 5090
Sosiale Komitee
Berei kos voor vir gemeente-geleenthede.
Heather Smith
076 373 4002
Dekor
Skep 'n pragtige atmosfeer vir alle spesiale geleenthede.
Suyen du Preez
061 478 8660

Kyk of Luister Aanlyn

Het jy 'n boodskap gemis? Kyk ons dienste en die nuutste preke op YouTube, of luister na die boodskappe op Spotify - waar jy ook al is.

Kyk op YouTube Luister op Spotify

Volg Ons op Sosiale Media

Volg ons op Facebook en Instagram vir ons jongste foto's, nuus en gebeure.

Offergawes & Tiendes

Jou getroue gee maak die werk van die Koninkryk in Standerton en ver daarbuite moontlik. Dankie dat jy deel is van wat God in en deur AGS Ekklesia doen.

"Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." 2 Korintiërs 9:7 (NLV)

PayShap · Vinnig & Gratis

Gee met PayShap

Open jou bank-app, kies PayShap, en betaal aan ons ShapID (tik om te kopieer):

082 770 0103
Bankbesonderhede Nedbank
Rekeninghouer AGS Ekklesia Standerton
Rekeningnommer 1513044192
Rekeningtipe Lopende rekening
Takkode 198765

Ons sal graag
van jou hoor

Kantoor
Kantoorure
Maandae en Woensdae tot Vrydae
08:00 - 13:00
Adres
3 Acacia Singel, Florapark
Standerton, 2430

Stuur 'n Boodskap

Vul die vorm in en stuur dit direk aan ons via WhatsApp.