Raak Betrokke!

Past. Ernest Potgieter
Manwees Leier
Manwees
As manne kom ons op ‘n Maandag by mekaar omdat ons glo God het ons geroep met ‘n unieke roeping.
Ons glo die Bybel gee duidelikheid oor hierdie roeping en ons wil tenvolle manwees soos die Here dit van ons vra.
Maandae aande 19h00
Hande van Hoop – Welsyn
Ons staan by die beginsel, wie aan die arme gee leen aan God. Ons probeer elkeen wat in nood is help sonder om mense afhanklik te hou.
Ons verstaan daar kom soms moeilike seisoene en wil graag Sy hande wees in daardie seisoene.
Riaan Lategan
Welsyn Leier

Andries Marais
Templediens Leier
Templediens
Ons werk hard in en om die kerk om elkeen se belewenis op ‘n Sondag so gemaklik en spesiaal as moontlik te maak.
Ons doen dinge soos om mense te verwelkom, koffie bedien, nagmaal tafel reg sit en sommer baie meer. Ons dien sodat die woord bedien kan word.
Aanbiddingsspan
Ons hartklop is om deur lofprysing en aanbidding ons gemeente te laat sit by die voete van Jesus. Ons skep ’n plek waar jy kan kom stil raak voor die Here en ontvang uit Sy hand.
Ons oefen Donderdae aande om 18h00
Kom raak betrokke en gebruik jou talent tot eer van ons Koning Jesus.
Mari-Louise Raath
Aanbiddingspan Leier


Carla Kühn-Potgieter
Kinderkerk Leier
Ekklesia KIDS – Kinderkerk
Ons is lief vir Jesus en ons is lief vir kinders.
Ons glo dat elke kind ‘n roeping ontvang het en ons glo as Kinderkerk-span dat ons elke Sondagoggend die geleentheid het om die kinders in die kinderkerk te leer, en help om hulle roeping in Jesus te ondek.
Alle maatjies (ouderdom 2 tot 13 jaar) is baie welkom!
INNER ROOM – Tieners
Om jonk te wees is ‘n voorreg! Baie meer so, as ek as jongmens die Here dien met my hele hart, my hele siel, my hele verstand en al my krag.
Vrydae is gemaak vir lekker tye saam, terwyl ons God se hart oor my lewe ontdek. Join ons elke Vrydagaand om 18h00.
Past. Jacques Roos
Tiener Leier


Anzel Du Plessis
BLAST Leier
BLAST Young Adults
Building. Lives. Around. Sound. Truth.
BLAST is AGS Ekklesia se jong volwassenis bediening.
Ons word tans toegegooi met inligting. As jong mense wil ons weet wat is in lyn met God se Woord. Ons kuier elke maand saam om God se Woord.
Kom kuier saam, dit is ‘n BLAST!
Intersessie
Ons bid omdat ons die krag van gebed verstaan. Ons maak ons gemeente toe onder gebed, want ons glo dit is die fondasie van elke gesonde gemeente. Ons glo ook dat dit belangrik is om saam te bid.
Sel Groepe
Ons kan nooit die waarde van kleingroepe verloor nie.
Die fokus van ons selgroepe is om ‘n gemaklike geleentheid te skep waar ons groei in ons gawes en vrymoedigheid om deur die Here gebruik te word.
Elke sel het sy eie kultuur en fokus op ander aspekte van ons wandel saam met die Here.
Vroeg Oggend Gebed
Hierdie is ‘n geleentheid vir die wat die aangesig van die Here vroeg in die oggend wil soek. Ons leer hier hoe om te bid. Ons dra ons gemeente en gemeenskap op in gebed. Ons gaan bid ook in die gemeenskap op strategiese plekke in sekere seisoene.
Vroue Sel
Net soos ons glo mans het ‘n unieke roeping sien ons ook die geweldige belangrikheid en waarde van die roeping op elke vrou se lewe. By hierdie geleentheid ontdek vrouens wie hulle is en waarvoor hulle geroep is.
MEER OOR ONS
Visie: Om ‘n Geesvervulde gemeente te wees wat verlore mense lei na geestelike volwassenheid.
Missie: Om deur ons dienswerk in die gemeente en gemeenskap God se liefde te demonstreer en groei te stimuleer.
VOLG ONS

KONTAK ONS
Pastoor Ernest Potgieter 083 383 2092 Pastoor Jacques Roos 064 687 7948
Kantoor: Carla Potgieter 076 876 3852
Adres: 3 Acacia Singel, Florapark, Standerton, 2430
Epos: ekklesia.standerton@gmail.com
VOLG ONS
KONTAK ONS
Pastoor Ernest Potgieter 083 383 2092
Pastoor Jacques Roos 064 687 7948
Kantoor: Carla Potgieter 076 876 3852
Adres: 3 Acacia Singel, Florapark, Standerton, 2430